![]() | No ratings.
A poem about feelings of loss, emptiness and anxiety at the loss of a loved one |
| Waar is jy? Ek soek jou in elke hoek en uitgetrapte paadjie waar ons eens ontmoet, bevriend en vertroud geraak het Jou reuk bly talm en elke skadu dra jou vorm soos dit dans op die maat van ‘n vlikkerende vlam oorbekend en dringend roep dit na my vanuit wit gepleisterde mure genadeloos in hul verwyt. Stadig drup die gedagte aan jou uit moeg-vergete lende. Smagtend... terwyl elke greintjie van my wese jou naam uitskree soos die klank van duisend kwetterende swaeltjies Shhh... fluister ek. Die bure sal kla. Ek is bang Bang vir die genadelose stilte soos wanneer dit ophou reën. Bang vir dit wat lankal vergeet is soos die nadraai van ‘n onbedekte seën. |
© Copyright 2012 Tinkie Stander (lainee89 at Writing.Com).
All rights reserved.
Writing.Com, its affiliates and syndicates have been granted non-exclusive rights to display this work.
