*Magnify*
SPONSORED LINKS
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1403250-SKOOLKYS
Printer Friendly Page Tell A Friend
No ratings.
Rated: E · Poetry · Experience · #1403250
A Afrikaans poem about highschool love.
Ek het jou gelos
tussen dagboek blaaie -
Die kere wat jy vir
my roomys gekoop het,
my gehelp hekkies skuif het,
en selfs toe jy my
skamerig oor die telefoon
die kys gevra het.

Nou staan jy skielik
weer voor my, en dis
of jy weer vir my knip -oog
soos jare gelede.
Die jare fladder weg
soos blare wat deur
'n herfswind geskep word.
Ons is weer soos twee sorglose kinders- verblind
deur ons verliefdheid,
en die keer, is ons liefde
vir 'n leeftyd.
© Copyright 2008 Yolande van Coller (rockbabe at Writing.Com). All rights reserved.
Writing.Com, its affiliates and syndicates have been granted non-exclusive rights to display this work.
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1403250-SKOOLKYS