*Magnify*
SPONSORED LINKS
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1403262-JOU-GLIMLAG
Printer Friendly Page Tell A Friend
No ratings.
Rated: E · Other · Relationship · #1403262
Of memories brought back from a smile. A Afrikaans poem
Jou glimlag laat my dink aan
die aand wat my oë jou die
eerste keer gesien het en
my hart omgetiep
en op jou ritme begin klop het.

jou glimlag laat my dink aan
die eerste keer wat ons lippe
ontmoet het, om my kop
rond -om -takie, mallemeule
dronk te draai, en
my voete te laat sweef.

Jou glimlag laat my dink aan
sonnige dae en koel somersaande -
'n helder sterre -hemel
en rustige dae op 'n bankie
langs 'n rivieroewer.

Jou glimlag laat my dink aan
jou sagte aanraking, aan
jou kunstenaarshande en
aan die padkaart wat jou lippe op my lyf loop.

Jou glimlag het gekom en
nes geskop in my hart,
om my warm en veilig te laat voel.
Dankie vir jou glimlag
in my lewe
© Copyright 2008 Yolande van Coller (rockbabe at Writing.Com). All rights reserved.
Writing.Com, its affiliates and syndicates have been granted non-exclusive rights to display this work.
Printed from https://www.writing.com/main/view_item/item_id/1403262-JOU-GLIMLAG